Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 9

Jeremia het nie opgehou om oor Jehovah te praat nie

Jeremia het nie opgehou om oor Jehovah te praat nie

Hoekom is die mense kwaad vir Jeremia?

Jehovah het Jeremia gered

Partykeer spot mense ons of word hulle kwaad vir ons wanneer ons met hulle oor Jehovah praat. Miskien wil ons dan ophou om oor God te praat. Het jy al ooit so gevoel?— Die Bybel vertel ons van ’n jong man wat lief was vir Jehovah, maar wat amper opgehou het om oor hom te praat. Sy naam was Jeremia. Kom ons leer meer van hom.

Toe Jeremia ’n jong man was, het Jehovah vir hom gesê dat hy die mense moet waarsku om op te hou om slegte dinge te doen. Dit was baie moeilik vir Jeremia, en hy was bang. Hy het vir Jehovah gesê: ‘Ek weet nie wat om te sê nie. Ek is net ’n seun.’ Maar Jehovah het gesê: ‘Moenie bang wees nie. Ek sal jou help.’

Jeremia het toe die mense begin waarsku dat hulle gestraf sal word as hulle nie verander nie. Dink jy die mense het na Jeremia geluister?— Nee. Hulle het hom gespot of het baie kwaad geword vir hom. Party wou hom selfs doodmaak! Hoe dink jy het Jeremia gevoel?​— Hy was bang en het gesê: ‘Ek gaan nie meer oor Jehovah praat nie.’ Maar het hy regtig opgehou?— Nee, hy het nie. Hy was so lief vir Jehovah dat hy nie kon ophou om oor hom te praat nie. En omdat Jeremia nie opgehou het nie, het Jehovah hom beskerm.

Eenkeer het ’n paar slegte manne Jeremia byvoorbeeld in ’n diep moddergat gegooi. Hy het niks kos of water gehad nie. Hulle wou Jeremia daar los om dood te gaan. Maar met Jehovah se hulp het hy uitgekom!

Wat kan jy uit Jeremia se voorbeeld leer?— Al was hy partykeer bang, het hy nie opgehou om oor Jehovah te praat nie. Wanneer jy oor Jehovah praat, sal mense jou miskien spot of vir jou kwaad word. Dit sal jou dalk skaam of selfs bang laat voel. Maar moet nooit ophou om oor Jehovah te praat nie. Hy sal jou altyd help, soos hy Jeremia gehelp het.