Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Links: Die Brooklynse Bethelgesin het in 1926 hulle laaste Kersfees gevier; regs: Mense merk op dat Jehovah se Getuies anders is

DEEL 3

Koninkrykstandaarde​—God se regverdigheid word gesoek

Koninkrykstandaarde​—God se regverdigheid word gesoek

JY WAAI vir jou buurman terwyl jy verbystap. Jy het die afgelope ruk agtergekom dat hy jou en jou gesin dophou. Hy waai terug en wink jou dan nader. Hy sê: “Ek wil jou graag ’n vraag vra. Wat maak julle so anders?” “Wat bedoel jy?” vra jy. “Wel”, sê hy, “julle is mos Jehovah se Getuies, nè? Julle is nie soos ander mense nie. Julle is anders as die ander godsdienste—julle vier nie die vakansiedae nie, en julle raak nie betrokke by die politiek en oorloë nie. Nie een van julle rook nie. En dit lyk asof jou gesin hoë sedelike standaarde het. Waarom is julle in soveel opsigte so anders?”

Jy weet dat die antwoord op een ding neerkom: Ons lewe onder die heerskappy van God se Koninkryk. As Koning is Jesus altyd besig om ons te louter. Hy help ons om in sy voetstappe te wandel en sodoende in hierdie goddelose wêreld opvallend anders te wees. In hierdie deel sal ons sien hoe die Messiaanse Koninkryk God se volk op geestelike, sedelike en organisatoriese gebied gelouter het—alles tot heerlikheid van Jehovah.

IN HIERDIE GEDEELTE

HOOFSTUK 10

Die Koning louter sy volk geestelik

Wat het Kersfees en die kruis in gemeen?

HOOFSTUK 11

Sedelike verfynings weerspieël God se heiligheid

Die kamers vir die wagte en die poorte van Esegiël se tempelvisioen is sedert 1914 vir God se volk van spesiale belang.

HOOFSTUK 12

Georganiseer om “die God van vrede” te dien

Die Bybel kontrasteer wanorde nie met orde nie, maar met vrede. Waarom? En hoe raak die antwoord Christene vandag?