Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Links: Noodlenigingsvoorraad wat van Switserland aan ons broers in Duitsland gestuur is, 1946; regs: ’n Koninkryksaal in Japan word ná ’n tsoenami herbou, 2011

DEEL 6

Koninkryksondersteuning​—⁠Bouwerk vir aanbidding en noodleniging

Koninkryksondersteuning​—⁠Bouwerk vir aanbidding en noodleniging

WANNEER jy by julle Koninkryksaal inloop, herken jy skaars die plek. Jy was nog altyd trots op hierdie gebou. Jy het dalk selfs aangename herinneringe aan die tyd toe jy ’n paar jaar gelede met die bou daarvan gehelp het. Maar in sekere sin is jy nou selfs trotser, want die Koninkryksaal is tydelik in ’n noodlenigingsentrum omskep. Nadat ’n storm onlangs oorstromings en verwoesting in julle gebied veroorsaak het, het die Takkomitee gou reëlings getref om die slagoffers van die ramp van kos, klere, skoon water en ander hulp te voorsien. Geskenkte noodlenigingsvoorraad is netjies georganiseer. Broers en susters kom een ná die ander in en kry wat hulle nodig het. Baie van hulle vee trane van vreugde uit hulle oë.

Jesus het gesê dat die kenmerk van sy volk hulle liefde vir mekaar sou wees (Joh. 13:34, 35). In hierdie deel sal ons kyk hoe Christelike liefde deur middel van die bouprojekte en die noodlenigingspogings van Jehovah se Getuies getoon word. Hierdie liefde is ’n kragtige bewys dat ons onder Jesus se Koninkryksheerskappy lewe.

IN HIERDIE GEDEELTE

HOOFSTUK 18

Hoe Koninkryksbedrywighede gefinansier word

Waar kom die geld vandaan? Hoe word dit gebruik?

HOOFSTUK 19

Bouwerk wat Jehovah tot eer strek

Plekke van aanbidding strek God tot eer, maar hy heg selfs groter waarde aan iets anders.

HOOFSTUK 20

Die noodlenigingsbediening

Hoe weet ons dat noodlenigingswerk deel is van ons heilige diens aan Jehovah?