Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Lied 140

Die lewe van ’n pionier

Die lewe van ’n pionier

Laai af:

(Prediker 11:6)

  1. Dit is vroeg in die dag, en die son kom nog uit,

    Maar ons is al op pad

    en ons bid in dié tyd vir Gods krag.

    Met ons oë nog vol slaap staan ons vroeg reeds op straat.

    Mense loop net verby,

    maar vir dié wat wil praat, sal ons wag.

    (REFREIN)

    Ons het dié weg gekies.

    Vir Jehovah leef ons.

    En ons volg graag sy weë en sy wet.

    Ons volhard, son of reën,

    Want ons wil vir hom sê:

    “Ons sal u as ons Heer altyd eer en liefhê.”

  2. Aan die end van die dag, sit die son dalk al laag.

    Ons is moeg, maar ons dank God,

    Wat ons onderskraag; hy gee krag.

    In ons hart is geluk.

    Ons het ons bes gegee,

    En ons weet hierdie werk bring groot seëninge mee, elke dag.

    (REFREIN)

    Ons het dié weg gekies.

    Vir Jehovah leef ons.

    En ons volg graag sy weë en sy wet.

    Ons volhard, son of reën,

    Want ons wil vir hom sê:

    “Ons sal u as ons Heer altyd eer en liefhê.”