Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Lied 151

Die openbaring van die seuns van God

Die openbaring van die seuns van God

Laai af:

(Romeine 8:19)

  1. Jehovah het ’n dag bepaal,

    waarop die skepping wag.

    Hy sal sy seuns dan openbaar

    en hul beklee met mag.

    (REFREIN)

    Die seuns van God word binnekort

    deur hom geopenbaar.

    Met Jesus sal hul vreugdevol

    oorwinning kan ervaar.

  2. En dié wat nog op aarde leef,

    besef die tyd is kort.

    Want Christus Jesus sal hul roep;

    hul sal versamel word.

    (REFREIN)

    Die seuns van God word binnekort

    deur hom geopenbaar.

    Met Jesus sal hul vreugdevol

    oorwinning kan ervaar.

    (OORGANG)

    Die laaste oorlog voer hul dan

    om boosheid uit te wis.

    Die huw’lik van die Lam vind plaas—

    ’n band wat ewig is.

    (REFREIN)

    Die seuns van God word binnekort

    deur hom geopenbaar.

    Met Jesus sal hul vreugdevol

    oorwinning kan ervaar.