Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

DEEL 4

Jesus se latere bediening in Judea

‘Smeek die meester van die oes om werkers in sy oes uit te stuur.’ – Lukas 10:2

Jesus se latere bediening in Judea

IN HIERDIE GEDEELTE

HOOFSTUK 66

In Jerusalem vir die Loofhuttefees

Wat sou dié wat na Jesus luister, laat dink dat hy ’n demoon in hom het?

HOOFSTUK 67

“Nog nooit het enige mens so gepraat nie”

Feitlik die hele Joodse Hoë Raad staan Jesus teë, maar een lid besluit om Jesus te verdedig.

HOOFSTUK 68

“Die lig van die wêreld” – Die seun van God

Jesus het gesê dat ‘die waarheid julle sal vrymaak’. Vry van wat?

HOOFSTUK 69

Hulle vader – Abraham of die Duiwel?

Jesus bespreek hoe om die kinders van Abraham te identifiseer, sowel as wie sy Vader werklik is.

HOOFSTUK 70

Jesus genees ’n man wat blind gebore is

Die dissipels vra hoekom ’n man blind gebore is. Het hy gesondig? Het sy ouers gesondig? Mense het gemengde reaksies wanneer Jesus hom genees.

HOOFSTUK 71

Fariseërs konfronteer die man wat blind was

Die logiese redenasie van die man wat voorheen blind was, maak die Fariseërs woedend. Die Fariseërs verban hom uit die sinagoge, net soos sy ouers gevrees het.

HOOFSTUK 72

Jesus stuur 70 dissipels uit om te preek

In Judea stuur Jesus 70 van sy dissipels as Koninkrykspredikers in pare van twee uit. Waar gaan die dissipels mense vind vir wie hulle kan preek – in die sinagoge of in mense se huise?

HOOFSTUK 73

’n Goeie Samaritaan

Hoe gebruik Jesus die gelykenis van die goeie Samaritaan om mense ’n kragtige les te leer?

HOOFSTUK 74

Lesse oor gasvryheid en gebed

Jesus besoek Maria en Marta by hulle huis. Wat leer hy hulle oor gasvryheid? En hoe leer hy later sy dissipels waarvoor om te bid?

HOOFSTUK 75

Jesus wys wat die bron van geluk is

Jesus antwoord sy teenstanders deur hulle te vertel van “God se vinger” en oor hoe die Koninkryk van God hulle ingehaal het. Hy wys ook hoe mense ware geluk kan vind.

HOOFSTUK 76

Jesus eet saam met ’n Fariseër

Jesus veroordeel die skynheiligheid van die Fariseërs en skrifgeleerdes wat hulle aanbidding betref. Watter swaar laste lê hulle op die mense?

HOOFSTUK 77

Jesus gee raad oor rykdom

Jesus gee ’n illustrasie van ’n ryk man wat groter voorraadskure bou. Watter raad herhaal hy oor die gevare wat dit inhou wanneer ’n mens rykdom najaag?

HOOFSTUK 78

Bly gereed, getroue bestuurder!

Jesus toon dat hy in die geestelike welsyn van sy dissipels belangstel. Watter rol sou ’n getroue bestuurder speel in hierdie verband? Hoekom is die raad om gereed te bly, so belangrik?

HOOFSTUK 79

Hoekom vernietiging voorlê

Jesus sê dat dié wat hy probeer help, die gevaar loop om vernietig te word as hulle nie berou toon nie. Sal hulle die belangrike les leer wat Jesus probeer oordra in verband met hulle verhouding met God?

HOOFSTUK 80

Die goeie herder en die skaapkrale

Die verhouding tussen ’n herder en sy skape illustreer goed hoe Jesus oor sy dissipels voel. Sal hulle sy leringe herken en sy leiding volg?

HOOFSTUK 81

Een met die Vader, maar hy is nie God nie

Party van Jesus se vyande beskuldig hom daarvan dat hy hom gelyk aan God maak. Hoe bewys hy op ’n vaardige manier dat hulle beskuldigings nie waar is nie?