DEEL 5
Jesus se latere bediening oos van die Jordaanrivier
‘Baie het geloof in hom gestel.’ – Johannes 10:42
IN HIERDIE GEDEELTE
HOOFSTUK 82
Jesus se bediening in Perea
Jesus verduidelik vir sy luisteraars wat nodig is om gered te kan word. Sy raad was destyds belangrik. Is dit vandag nog belangrik?
HOOFSTUK 83
Uitnodigings na ’n maaltyd – Wie word deur God genooi?
Terwyl Jesus by die huis van ’n Fariseër aan tafel is, vertel hy ’n illustrasie oor ’n groot aandete. Hy noem ’n belangrike les vir God se hele volk. Wat is dit?
HOOFSTUK 84
Wat dit beteken om ’n dissipel te wees
Om ’n dissipel van Christus te word, is ’n ernstige verantwoordelikheid. Jesus noem wat dit alles behels. Party wat volgelinge sal word, is geskok oor wat hy sê.
HOOFSTUK 85
Verheug oor die sondaar wat berou toon
Die skrifgeleerdes en Fariseërs kritiseer Jesus omdat hy met die gewone mense assosieer. In reaksie hierop vertel Jesus illustrasies om te wys hoe God sondaars beskou.
HOOFSTUK 86
Die verlore seun keer terug
Watter les kan ons leer uit Jesus se illustrasie van die verlore seun?
HOOFSTUK 87
Beplan vooruit – Gebruik praktiese wysheid
Jesus gebruik ’n illustrasie van ’n bestuurder wat korrup is om ’n verbasende waarheid te leer.
HOOFSTUK 88
’n Verandering vir die ryk man en vir Lasarus
As ’n mens Jesus se gelykenis wil verstaan, moet jy identifiseer wie die hoofkarakters is.
HOOFSTUK 89
Jesus leer mense in Perea op pad na Judea
Hy beklemtoon ’n eienskap wat ons kan help om selfs dié wat herhaaldelik teen ons sondig, te vergewe.
HOOFSTUK 90
“Die opstanding en die lewe”
Wat het Jesus bedoel toe hy gesê het dat dié wat geloof in hom beoefen, ‘nooit sal sterf nie’?
HOOFSTUK 91
Lasarus word opgewek
Twee belangrike aspekte van hierdie gebeurtenis maak dit onmoontlik vir teenstanders om Jesus se wonderwerke te ontken.
HOOFSTUK 92
Tien melaatses word genees – Een wys dat hy dankbaar is
Die man wat genees is, wys nie net vir Jesus dat hy dankbaar is nie, maar ook vir iemand anders.
HOOFSTUK 93
Die Seun van die mens sal geopenbaar word
Hoe sal Christus se teenwoordigheid soos weerlig wees?
HOOFSTUK 94
Die belangrikheid van gebed en nederigheid
Jesus beklemtoon die belangrikheid van ’n spesifieke eienskap in sy illustrasie oor ’n goddelose regter en ’n weduwee.
HOOFSTUK 95
Lesse oor egskeiding en liefde vir kinders
Jesus se beskouing van jong kinders is baie anders as sy dissipels s’n. Hoekom?
HOOFSTUK 96
Jesus antwoord ’n ryk jong heerser
Wat beweeg Jesus om te sê dat dit makliker vir ’n kameel is om deur die oog van ’n naald te gaan as vir ’n ryk man om in die Koninkryk van God in te gaan?
HOOFSTUK 97
Die illustrasie van die werkers in die wingerd
Hoe word die eerstes laaste en die laastes, eerste?
HOOFSTUK 98
Die apostels wil nog steeds ’n belangrike posisie hê
Jakobus en Johannes vra belangrike posisies in die Koninkryk, maar hulle is nie alleen nie.
HOOFSTUK 99
Jesus genees blinde mans en help Saggeus
Is daar ’n teenstrydigheid in die Bybelverslae oor Jesus wat ’n blinde man naby Jerigo genees?
HOOFSTUK 100
Sy illustrasie van tien minas
Wat het Jesus bedoel toe hy gesê het: “As iemand het, sal meer aan hom gegee word, maar as iemand nie het nie, sal selfs wat hy het, van hom af weggeneem word”?