Spring na inhoud

Wat is die Koninkryk van God?

Wat is die Koninkryk van God?

Sal jy sê dit is . . . 

  • iets in jou hart?

  • ’n regering in die hemel?

  • iets anders?

WAT DIE BYBEL SÊ

“Die God van die hemel [sal] ’n koninkryk oprig wat nooit vernietig sal word nie.” – Daniël 2:44, Nuwe Wêreld-vertaling.

“’n Seun is aan ons gegee, en die heerskappy [of, regering] sal op sy skouers wees.” – Jesaja 9:6.

WAT DIT VIR JOU KAN BETEKEN

KAN ONS REGTIG GLO WAT DIE BYBEL SÊ?

Ja, vir ten minste twee redes:

  • Jesus het gewys wat God se Koninkryk sal doen. Jesus het sy volgelinge geleer om te bid dat God se Koninkryk moet kom en dat God se wil op die aarde moet plaasvind (Matteus 6:9, 10). Jesus het gewys hoe hierdie gebed beantwoord sal word.

    Toe Jesus op die aarde was, het hy honger mense kos gegee, siek mense gesond gemaak en dooies weer laat lewe! (Matteus 15:29-38; Johannes 11:38-44). As die toekomstige Heerser van God se Koninkryk het Jesus gewys wat hierdie Koninkryk vir mense sal doen. – Openbaring 11:15.

  • Wêreldtoestande wys duidelik dat God se Koninkryk binnekort sal kom. Jesus het voorspel dat ons wêreld deur oorloë, hongersnode en aardbewings getref sou word net voordat die Koninkryk vrede op die aarde sou bring. – Matteus 24:3, 7.

    Dit is presies wat ons vandag sien gebeur. So, ons kan vertrou dat God se Koninkryk binnekort ’n einde aan al hierdie probleme sal maak.

IETS OM OOR TE DINK

Hoe sal die lewe onder God se Koninkryk wees?

Die Bybel beantwoord hierdie vraag in PSALM 37:29 en JESAJA 65:21-23.