Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Wat het God in gedagte vir ons?

Wat het God in gedagte vir ons?

WANNEER jy die koerant lees, televisie kyk of na die radio luister, sien en hoor jy baie berigte oor misdaad, oorlog en terrorisme. En dan het jy ook nog jou eie probleme. Miskien is jy siek of dalk het iemand vir wie jy lief was, gesterf.

Vra jou af:

  • Is dit wat God vir my en my gesin wil hê?

  • Waar kan ek hulp kry om my probleme te hanteer?

  • Sal daar ooit ware vrede wees?

Die Bybel gee betroubare antwoorde op hierdie vrae.

DIE BYBEL LEER DAT GOD WONDERLIKE DINGE OP DIE AARDE SAL DOEN.

DIE BYBEL KAN JOU HELP

’n Mens kan maklik dink dat wat jy op die eerste paar bladsye van hierdie boek gelees het, net ’n droom is. Maar God het belowe dat hy hierdie veranderinge binnekort op die aarde sal maak, en die Bybel verduidelik hoe hy dit sal doen.

Maar dit is nie al nie. Die Bybel kan jou help om nou al gelukkig te wees en die lewe te geniet. Dink vir ’n oomblik aan die dinge wat jou bekommer. Dit sluit dalk geldsake, gesinsprobleme, swak gesondheid of die dood van ’n geliefde in. Die Bybel kan jou help om hierdie probleme te hanteer, en dit kan jou vertroos deur vrae te beantwoord soos:

Die feit dat jy hierdie boek lees, wys dat jy wil weet wat die Bybel leer. Hierdie boek sal jou help. Onderaan die bladsye is daar vrae vir die paragrawe, en dit sal jou help om die Bybel beter te verstaan. Miljoene mense geniet dit om die Bybel met Jehovah se Getuies te bespreek. Ons hoop jy sal ook. Mag God jou seën terwyl jy uitvind wat die Bybel jou kan leer!