Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 1

God het die hemel en die aarde gemaak

God het die hemel en die aarde gemaak

Jehovah God is ons Skepper. Hy het alles gemaak, die dinge wat ons kan sien en die dinge wat ons nie kan sien nie. Voordat hy die dinge gemaak het wat ons kan sien, het hy baie, baie engele gemaak. Weet jy wat engele is? Engele is persone soos Jehovah. Ons kan hulle nie sien nie, net soos ons God nie kan sien nie. Die eerste engel wat Jehovah gemaak het, het sy helper geword. Hierdie engel het Jehovah gehelp toe hy die sterre, die planete en alle ander dinge gemaak het. Een van hierdie planete, die aarde, is ons pragtige woonplek.

Jehovah het die aarde gereedgemaak sodat diere en mense daarop kan bly. Hy het die son se lig op die aarde laat skyn. Hy het die berge, die see en die riviere gemaak.

Wat het Jehovah daarna gedoen? Hy het gesê: ‘Ek gaan gras en plante en bome maak.’ Talle verskillende soorte vrugte, groente en blomme het begin groei. Toe het Jehovah al die diere gemaak​—⁠diere wat vlieg, swem, kruip en kriewel. Hy het klein diere soos hase en groot diere soos olifante gemaak. Van watter dier hou jy die meeste?

Toe het Jehovah vir die eerste engel gesê: ‘Laat ons mense maak.’ Mense sou anders wees as die diere. Hulle kon dinge maak. Hulle kon praat, lag en bid. Hulle sou na die aarde en die diere kyk. Weet jy wie die eerste mens was? Kom ons kyk.

“In die begin het God die hemel en die aarde geskep.”—⁠Genesis 1:1