Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 4

Woede lei tot moord

Woede lei tot moord

Nadat Adam en Eva die tuin van Eden verlaat het, het hulle baie kinders gehad. Hulle eerste seun, Kain, het ’n boer geword en hulle tweede seun, Abel, het ’n herder geword.

Op ’n dag het Kain en Abel offerandes aan Jehovah gebring. Weet jy wat ’n offerande is? Dit is ’n spesiale soort geskenk. Jehovah was tevrede met Abel se offerande, maar nie met Kain s’n nie. Dit het Kain baie kwaad gemaak. Jehovah het Kain gewaarsku en gesê dat sy woede hom iets slegs kan laat doen. Maar Kain het nie geluister nie.

Kain het eerder vir Abel gesê: ‘Kom saam met my veld toe.’ Terwyl hulle alleen in die veld was, het Kain sy broer aangeval en hom doodgemaak. Wat sou Jehovah hieroor doen? Jehovah het Kain gestraf deur hom ver van sy gesin af weg te stuur. Kain sou nooit weer toegelaat word om terug te kom nie.

Wat kan ons hieruit leer? Ons word dalk kwaad as dinge nie uitwerk soos ons dink dit moet uitwerk nie. As ons al hoe kwater word​—⁠of as ander ons waarsku omdat hulle sien dat ons kwaad is​—⁠moet ons ons gevoelens dadelik verander en onder beheer kry voordat dit ons beheer.

Omdat Abel lief was vir Jehovah en gedoen het wat reg is, sal Jehovah hom altyd onthou. God sal Abel weer laat lewe wanneer Hy die aarde in ’n paradys verander.

“Maak eers vrede met jou broer en kom dan terug en bring jou offer.”​—⁠Matteus 5:⁠24