Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 6

Agt oorleef tot in ’n nuwe wêreld

Agt oorleef tot in ’n nuwe wêreld

Noag, sy gesin en die diere het in die ark ingegaan. Jehovah het die deur toegemaak, en dit het begin reën. Dit het so baie gereën dat die ark begin dryf het. Uiteindelik was die hele aarde onder water. Buite die ark het al die slegte mense gesterf. Maar Noag en sy gesin was veilig binne-in die ark. Kan jy dink hoe bly hulle was dat hulle Jehovah gehoorsaam het?

Dit het 40 dae en 40 nagte hard gereën, en toe het dit opgehou. Die water het stadig afgesak. Uiteindelik het die ark op die berge gaan stilstaan. Maar daar was nog oral baie water, en daarom kon Noag en sy gesin nie dadelik uit die ark uitgaan nie.

Bietjie vir bietjie het die water opgedroog. Noag en sy gesin was meer as ’n jaar lank in die ark. Toe het Jehovah vir hulle gesê dat hulle uit die ark kan gaan en iets wat soos ’n nuwe wêreld gelyk het, kan binnegaan. Hulle was baie dankbaar dat Jehovah hulle gered het en het dit gewys deur ’n offerande aan Jehovah te bring.

Hierdie offerande het Jehovah gelukkig gemaak. Hy het belowe dat hy nooit weer alles op die aarde met ’n vloed sal vernietig nie. As ’n teken van hierdie belofte het hy die eerste reënboog in die lug laat verskyn. Het jy al ooit ’n reënboog gesien?

Toe het Jehovah vir Noag en sy gesin gesê om kinders te hê en die aarde te vul.

‘Noag het in die ark ingegaan, en die mense het geen aandag geskenk totdat die Vloed gekom het en hulle almal weggespoel het nie.’​—⁠Matteus 24:​38, 39