Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 7

Die toring van Babel

Die toring van Babel

Ná die Vloed het Noag se seuns en hulle vrouens baie kinders gehad. Hulle families het groter geword, en hulle het op verskillende dele van die aarde gaan bly, net soos Jehovah vir hulle gesê het om te doen.

Maar party mense was nie gehoorsaam aan Jehovah nie. Hulle het gesê: ‘Laat ons ’n stad bou en hier bly. Ons sal ’n toring bou wat so hoog is dat sy punt reg tot by die hemel kom. Dan sal ons beroemd wees.’

Jehovah het nie gehou van wat daardie mense gedoen het nie, en daarom het hy besluit om die bouery stop te sit. Weet jy hoe hy dit gedoen het? Hy het hulle skielik verskillende tale laat praat. Omdat hulle mekaar nie meer kon verstaan nie, het hulle opgehou om te bou. Die stad wat hulle gebou het, het bekend geword as Babel, wat “Verwarring” beteken. Mense het begin wegtrek en oral op die aarde gaan bly. Maar hulle het aangehou om slegte dinge te doen op die nuwe plekke waar hulle gebly het. Was daar mense wat nog lief was vir Jehovah? Ons sal in die volgende hoofstuk uitvind.

“Elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, maar elkeen wat homself verneder, sal verhoog word.”​—⁠Lukas 18:⁠14