Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 8

Abraham en Sara was gehoorsaam aan God

Abraham en Sara was gehoorsaam aan God

Naby Babel was ’n stad met die naam Ur. Die mense daar het Jehovah nie aanbid nie. Hulle het eerder baie ander gode aanbid. Maar daar was ’n man in Ur wat net Jehovah aanbid het. Sy naam was Abraham.

Jehovah het vir Abraham gesê: ‘Trek weg uit jou land en van jou familie af en gaan na die land wat ek jou sal wys.’ Toe het God belowe: ‘Jy sal ’n groot nasie word en as gevolg van jou sal ek goeie dinge vir baie mense regoor die aarde doen.’

Abraham het nie geweet waarheen Jehovah hom sou stuur nie, maar hy het op Jehovah vertrou. Abraham, sy vrou Sara, sy pa Tera en sy neef Lot was gehoorsaam en het toe al hulle goed opgepak en met hulle lang reis begin.

Abraham was 75 jaar oud toe hy en sy familie uiteindelik aangekom het in die land wat Jehovah wou hê hulle moes sien. Dit is die land Kanaän genoem. Daar het God met Abraham gepraat en die volgende belofte gemaak: ‘Ek sal hierdie hele land wat jy om jou sien, aan jou kinders gee.’ Maar Abraham en Sara was oud en het nie kinders gehad nie. Hoe sou Jehovah dan hierdie belofte nakom?

“Deur geloof het Abraham . . . gehoorsaam weggetrek na ’n plek wat hy as ’n erfenis sou ontvang; hy het weggetrek, al het hy nie geweet waarheen hy gaan nie.”​—⁠Hebreërs 11:8