Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 44

’n Tempel vir Jehovah

’n Tempel vir Jehovah

Nadat Salomo koning van Israel geword het, het Jehovah hom gevra: ‘Wat wil jy graag hê?’ Salomo het gesê: ‘Ek is jonk en ek weet nie hoe om ’n goeie koning te wees nie. Gee my asseblief wysheid sodat ek vir u volk kan sorg.’ Jehovah het gesê: ‘Omdat jy vir wysheid gevra het, sal ek jou die slimste man op die aarde maak. Ek sal jou ook baie ryk maak. En as jy aan my gehoorsaam is, sal jy lank lewe.’

Salomo het begin om die tempel te bou. Hy het die beste goud, silwer, hout en klip gebruik. Duisende mans en vrouens wat goed was in hulle werk, het gehelp om die tempel te bou. Ná sewe jaar was die tempel gereed om aan Jehovah toegewy te word. Dit het ’n altaar gehad, en daar was offerandes daarop. Salomo het voor die altaar op sy knieë gegaan en toe gebid: ‘O Jehovah, hierdie tempel is nie groot genoeg of mooi genoeg vir u nie, maar aanvaar asseblief ons aanbidding en luister na ons gebede.’ Wat het Jehovah van die tempel en van Salomo se gebed gedink? Die oomblik toe Salomo klaar gebid het, het vuur uit die hemel gekom en die offerandes op die altaar verbrand. Dit het gewys dat Jehovah die tempel goedkeur. Toe die Israeliete dit sien, was hulle baie bly.

Koning Salomo was bekend vir sy wysheid oral in Israel en selfs in baie ver plekke. Mense het na Salomo toe gekom sodat hy hulle met hulle probleme kon help. Selfs die koningin van Skeba het gekom om hom met moeilike vrae te toets. Toe sy Salomo se antwoorde hoor, het sy gesê: ‘Ek het nie geglo wat mense my oor jou vertel het nie, maar nou sien ek dat jy selfs slimmer is as wat hulle gesê het. Jou God, Jehovah, het jou geseën.’ Die nasie Israel het die lewe geniet en hulle was gelukkig en tevrede. Maar dinge sou binnekort verander.

“Kyk! iemand groter as Salomo is hier.”—Matteus 12:42