Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 75

Die Duiwel toets Jesus

Die Duiwel toets Jesus

Nadat Jesus gedoop is, het die heilige gees hom in die wildernis in gevat. Hy het 40 dae lank niks geëet nie en hy het baie honger geword. Toe het die Duiwel gekom om Jesus te toets en vir hom gesê: ‘As jy regtig God se Seun is, sê vir hierdie klippe om brode te word.’ Maar Jesus het God se Woord gebruik om hom te antwoord: ‘Daar staan geskryf dat jy meer as brood nodig het om aan die lewe te bly. Jy moet ook na elke woord luister wat Jehovah sê.’

Daarna het die Duiwel Jesus uitgedaag: ‘As jy regtig God se Seun is, spring dan van die hoogste punt van die tempel af. Daar staan geskryf dat God sy engele sal stuur om jou te vang.’ Maar Jesus het weer uit die Skrif geantwoord: ‘Daar staan geskryf dat jy Jehovah nie moet toets nie.’

Daarna het Satan Jesus al die koninkryke van die wêreld en hulle rykdom gewys en ook hoe groot en mooi hulle is. Toe het hy gesê: ‘Ek sal al hierdie koninkryke en al hierdie dinge vir jou gee, as jy my net een keer aanbid.’ Maar Jesus het geantwoord: ‘Gaan weg, Satan! Daar staan geskryf dat jy net Jehovah moet aanbid.’

Die Duiwel het toe weggegaan, en engele het gekom en vir Jesus kos gegee om te eet. Van toe af het Jesus die goeie nuus van die Koninkryk verkondig. Dit is die werk wat hy op die aarde moes kom doen. Mense was lief vir die dinge wat Jesus hulle geleer het, en hulle het hom gevolg oral waar hy gegaan het.

“Wanneer [die Duiwel] ’n leuen vertel, praat hy in ooreenstemming met sy eie geaardheid, want hy is ’n leuenaar en die vader van die leuen.”—Johannes 8:44