Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 93

Jesus gaan terug hemel toe

Jesus gaan terug hemel toe

Jesus het saam met sy dissipels in Galilea bymekaargekom. Hy het ’n baie belangrike opdrag vir hulle gegee: ‘Gaan en maak dissipels van mense van al die lande. Leer hulle alles wat ek vir julle geleer het, en doop hulle.’ Toe het hy hulle belowe: ‘Onthou, ek sal altyd saam met julle wees.’

Gedurende die 40 dae ná sy opstanding het Jesus aan honderde van sy dissipels in Galilea en Jerusalem verskyn. Hy het vir hulle belangrike lesse geleer en baie wonderwerke gedoen. Toe het Jesus vir die laaste keer saam met sy apostels bymekaargekom, op die Olyfberg. Hy het gesê: ‘Bly in Jerusalem. Hou aan wag vir dit wat die Vader belowe het.’

Sy apostels het nie verstaan wat hy bedoel het nie. Hulle het hom gevra: ‘Gaan u nou die Koning van Israel word?’ Jesus het gesê: ‘Dit is nog nie Jehovah se tyd vir my om Koning te word nie. Binnekort sal heilige gees aan julle krag gee, en julle sal my getuies wees. Gaan preek in Jerusalem, Judea, Samaria en tot by die verste plekke van die aarde.’

Toe het Jesus in die lug opgevaar en in ’n wolk verdwyn. Sy dissipels het aanhou kyk, maar hy was weg.

Die dissipels het van die Olyfberg af na Jerusalem toe gegaan. Hulle het gereeld in ’n bo-kamer bymekaargekom en gebid. Hulle het gewag dat Jesus vir hulle sê wat hulle nou moes doen.

“Hierdie goeie nuus van die Koninkryk sal in die hele bewoonde aarde verkondig word as ’n getuienis vir al die nasies, en dan sal die einde kom.”—Matteus 24:14