Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LES 103

‘Laat u Koninkryk kom’

‘Laat u Koninkryk kom’

Jehovah het belowe: ‘Daar sal nie meer enige gehuil, pyn, siekte of dood wees nie. Ek sal elke traan van hulle oë afvee. Niemand sal aan die slegte dinge van die verlede dink nie.’

Jehovah het Adam en Eva in die tuin van Eden gesit om gelukkig te wees en in vrede te lewe. Hulle moes hulle hemelse Vader aanbid en kinders hê sodat die aarde vol mense kon word. Adam en Eva was ongehoorsaam aan Jehovah, maar wat hy vir die mens wou hê, het nooit verander nie. In hierdie boek het ons gesien dat alles wat God belowe, waar word. Sy Koninkryk sal wonderlike seëninge vir die aarde bring, net soos hy vir Abraham belowe het.

Binnekort sal Satan, sy demone en al die slegte mense nie meer daar wees nie. Almal wat lewe, sal Jehovah aanbid. Ons sal nie siek word of doodgaan nie. Ons sal eerder elke dag vol energie wakker word en bly wees dat ons lewe. Die aarde sal ’n paradys word. Almal sal lekker en gesonde kos en ’n veilige huis hê. Mense sal liefdevol wees, nie wreed of gewelddadig nie. Wilde diere sal nie vir ons bang wees nie, en ons sal ook nie vir hulle bang wees nie.

Dit gaan baie opwindend wees wanneer Jehovah mense wat doodgegaan het, weer laat lewe. Ons sal mense van die verlede soos Abel, Noag, Abraham, Sara, Moses, Rut, Ester en Dawid terugverwelkom. Hulle sal ons help om die planeet Aarde weer in ’n paradys te verander. Daar sal altyd genoeg interessante werk wees om te doen.

Jehovah wil hê dat jy daar moet wees. Jy sal hom leer ken op maniere waaraan jy nie eers kan dink nie. Laat ons elke dag nader en nader aan Jehovah kom, nie net nou nie, maar vir altyd!

“U is waardig, Jehovah ons God, om die heerlikheid en die eer en die krag te ontvang, want u het alles geskep.”—Openbaring 4:11