Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Inleiding tot Deel 1

Inleiding tot Deel 1

Die Bybel begin met ’n verslag van die fisiese skepping en vertel ons van die pragtige dinge wat Jehovah in die hemel en op die aarde gemaak het. As jy ’n ouer is, moet jy jou kind help om die verbasende verskeidenheid in die skepping te sien. Vestig jou kind se aandag op die manier waarop God mense geskep het. Mense is ver verhewe bo diere omdat God ons die vermoë gegee het om te praat, te redeneer, dinge te maak, te sing en te bid. Help jou kind om waardering op te bou vir Jehovah se krag en wysheid en veral vir die feit dat hy lief is vir sy hele skepping​—⁠insluitende vir elkeen van ons.

IN HIERDIE GEDEELTE

LES 1

God het die hemel en die aarde gemaak

Die Bybel sê dat God die hemel en die aarde gemaak het. Hoekom het hy een engel gemaak voordat hy enigiemand of enigiets anders gemaak het?

LES 2

God het die eerste man en vrou gemaak

God het die eerste man en vrou gemaak en hulle in die tuin van Eden gesit. Hy wou hê dat hulle ’n gesin moet hê en die hele aarde ’n paradys moet maak.