Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Inleiding tot Deel 2

Inleiding tot Deel 2

Hoekom het Jehovah ’n vloed gebring wat die hele wêreld destyds vernietig het? ’n Stryd het vroeg in die mensegeskiedenis begin​—⁠die stryd tussen goed en sleg. Party mense, soos Adam en Eva en hulle seun Kain, het die slegte kant gekies. ’n Paar ander, soos Abel en Noag, het die goeie kant gekies. Die meeste mense het so sleg geword dat Jehovah ’n einde aan daardie slegte wêreld gebring het. Hierdie deel sal ons help om te leer dat Jehovah sien watter kant ons kies en dat hy nooit sal toelaat dat die slegte die goeie oorwin nie.

IN HIERDIE GEDEELTE

LES 3

Adam en Eva was ongehoorsaam aan God

Waarom was een boom in Eden veral spesiaal? Hoekom het Eva van die vrugte van hierdie boom geëet?

LES 4

Woede lei tot moord

God het Abel se offerande aanvaar, maar nie Kain s’n nie. Toe Kain hiervan uitvind, was hy baie kwaad en het hy iets verskrikliks gedoen.

LES 5

Noag se ark

Toe slegte engele met vroue op die aarde getrou het, het hulle seuns gehad wat reuse boelies was. Die aarde was vol geweld. Maar Noag was anders​​—⁠hy was lief vir God en het hom gehoorsaam.

LES 6

Agt oorleef tot in ’n nuwe wêreld

Gedurende die Vloed het dit 40 dae en 40 nagte gereën. Noag en sy gesin was meer as ’n jaar lank in die ark. Uiteindelik kon hulle uitgaan.