Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Inleiding tot Deel 4

Inleiding tot Deel 4

Hierdie deel stel ons voor aan Josef, Job, Moses en die Israeliete. Hulle het almal baie gely as gevolg van die Duiwel. Party van hulle is onregverdig behandel, is in die tronk gegooi, was slawe en is selfs doodgemaak. Maar Jehovah het hulle op verskillende maniere beskerm. As jy n ouer is, moet jy jou kind help om te verstaan dat hierdie knegte van Jehovah gely het, maar nie hulle geloof verloor het nie.

Jehovah het die Tien Plae gebruik om te wys dat hy kragtiger is as al die gode van Egipte. Beklemtoon hoe Jehovah sy volk in die verlede beskerm het en hoe hy dit vandag doen.

IN HIERDIE GEDEELTE

LES 14

’n Slaaf wat gehoorsaam was aan God

Josef het gedoen wat reg is, maar hy het nog steeds baie gely. Hoekom?

LES 15

Jehovah het Josef nooit vergeet nie

Al was Josef ver van sy familie af, het God bewys dat hy met hom is.

LES 16

Wie was Job?

Hy was gehoorsaam aan Jehovah al was dit moeilik.

LES 17

Moses het gekies om Jehovah te aanbid

Moses is deur sy ma se slim plan gered.

LES 18

Die brandende bos

Waarom het die bos nie uitgebrand nie?

LES 19

Die eerste drie plae

Farao het rampspoed oor sy volk gebring omdat hy te trots was om een eenvoudige ding te doen.

LES 20

Die volgende ses plae

Hoe was hierdie plae anders as die eerste drie?

LES 21

Die tiende plaag

Hierdie plaag was so erg dat selfs die trotse Farao uiteindelik ingegee het.

LES 22

Die wonderwerk by die Rooisee

Farao het die tien plae oorleef, maar het hy hierdie wonderwerk van God oorleef?