Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Inleiding tot Deel 5

Inleiding tot Deel 5

Twee maande nadat die Israeliete deur die Rooisee getrek het, het hulle by die berg Sinai aangekom. Daar het Jehovah ’n verbond met Israel gemaak om sy spesiale volk te wees. Hy het hulle beskerm en hulle alles gegee wat hulle nodig gehad het—manna om te eet, klere wat nie stukkend geraak het nie en ’n veilige plek om te bly. As jy ’n ouer is, moet jy jou kind help om te verstaan hoekom Jehovah die Wet, die tabernakel en die priesterdom vir die Israeliete gegee het. Beklemtoon dat dit belangrik is om ons woord te hou, nederig te bly en altyd lojaal aan Jehovah te wees.

IN HIERDIE GEDEELTE

LES 23

’n Belofte aan Jehovah

Die Israeliete het ’n spesiale belofte aan God gemaak toe hulle kamp opgeslaan het by die berg Sinai.

LES 24

Hulle het hulle belofte verbreek

Terwyl Moses die Tien Gebooie gekry het, het die volk ’n verskriklike sonde gepleeg.

LES 25

’n Tabernakel vir aanbidding

Die verbondsark was in hierdie spesiale tent.

LES 26

Die twaalf spioene

Josua en Kaleb was anders as die ander tien manne wat gaan kyk het hoe die land Kanaän lyk.

LES 27

Hulle het teen Jehovah in opstand gekom

Korag, Datan, Abiram en 250 ander manne het nie ’n belangrike feit omtrent Jehovah erken nie.

LES 28

Bileam se donkie praat

Die donkie het iemand gesien wat Bileam nie kon sien nie.