Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Inleiding tot Deel 6

Inleiding tot Deel 6

Toe die Israeliete uiteindelik die Beloofde Land bereik, het die tabernakel die middelpunt van ware aanbidding daar geword. Priesters het die Wet aan die nasie geleer, en rigters het hulle gelei. Hierdie deel toon dat ’n persoon se besluite en dade ’n groot uitwerking op ander kan hê. Elke Israeliet het ’n verantwoordelikheid teenoor Jehovah en sy medemens gehad. Verduidelik watter invloed Debora, Naomi, Josua, Hanna, Jefta se dogter en Samuel op hulle gemeenskappe gehad het. Beklemtoon dat selfs party nie-Israeliete, soos Ragab, Rut, Jael en die Gibeoniete, gekies het om by die Israeliete aan te sluit omdat hulle geweet het dat God met hulle is.

IN HIERDIE GEDEELTE

LES 29

Jehovah het Josua gekies

God het Josua instruksies gegee wat ons vandag ook kan help.

LES 30

Ragab steek die spioene weg

Die mure van Jerigo het inmekaargestort. Maar Ragab se huis het bly staan, al was dit op die muur gebou.

LES 31

Josua en die Gibeoniete

Josua bid tot God: “Son, staan stil!” Het God sy gebed beantwoord?

LES 32

’n Nuwe leier en twee dapper vroue

Ná Josua se dood het die Israeliete afgode begin aanbid. Die lewe was moeilik, maar die rigter Barak, die profetes Debora en Jael het gehelp!

LES 33

Rut en Naomi

Twee vroue wie se mans albei gesterf het, het na Israel teruggekeer. Een van hulle, Rut, het in die landerye gaan werk, waar Boas haar raakgesien het.

LES 34

Gideon oorwin die Midianiete

Die Midianiete het dit moeilik gemaak vir Israel. Daarom het hulle Jehovah gevra om hulle te help. Hoe het Gideon se klein leërmag 135 000 vyande oorwin?

LES 35

Hanna vra Jehovah vir ’n seun

Elkana neem Hanna, Peninna en die kinders om te aanbid by die tabernakel in Silo. Terwyl Hanna daar was, het sy gebid en Jehovah gevra vir ’n seun. ’n Jaar later word Samuel gebore!

LES 36

Jefta se belofte

Watter belofte het Jefta gemaak, en hoekom? Hoe het Jefta se dogter gereageer op haar pa se belofte?

LES 37

Jehovah praat met Samuel

Die hoëpriester Eli se twee seuns was priesters by die tabernakel, maar hulle was nie gehoorsaam aan God se wette nie. Die jong Samuel was anders, en Jehovah het met hom gepraat.

LES 38

Jehovah het Simson sterk gemaak

God het Simson sterk gemaak sodat hy teen die Filistyne kon veg, maar toe Simson ’n verkeerde keuse maak, het die Filistyne hom gevang.