Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Inleiding tot Deel 8

Inleiding tot Deel 8

Jehovah het Salomo met groot wysheid geseën en het hom die voorreg gegee om die tempel te bou, maar hy het Jehovah geleidelik verlaat. As jy ’n ouer is, moet jy vir jou kind verduidelik hoe valse aanbidders veroorsaak het dat Salomo opgehou het om Jehovah te dien. Die koninkryk is verdeel, en slegte konings het die nasie mislei om afvallig te word en afgode te aanbid. Gedurende daardie tyd is talle lojale profete van Jehovah vervolg en doodgemaak. Koningin Isebel het die noordelike koninkryk selfs meer afvallig laat word. Dit was ’n donker tydperk in die geskiedenis van Israel. Maar daar was nog baie getroue knegte van Jehovah onder die Israeliete, insluitende koning Josafat en die profeet Elia.

IN HIERDIE GEDEELTE

LES 44

’n Tempel vir Jehovah

God keur koning Salomo se versoek goed en gee hom groot voorregte.

LES 45

’n Koninkryk word verdeel

Baie Israeliete hou op om Jehovah te dien.

LES 46

’n Toets op die berg Karmel

Wie is die ware God? Jehovah of Baäl?

LES 47

Jehovah het Elia versterk

Dink jy dat hy jou ook kan versterk?

LES 48

’n Weduwee se seun word weer lewendig

Twee wonderwerke in dieselfde huis!

LES 49

’n Goddelose koningin word gestraf

Isebel maak planne om Nabot dood te maak sodat sy sy wingerd kan steel! Jehovah sien hoe sleg sy is.

LES 50

Jehovah beskerm Josafat

Goeie koning Josafat bid tot God toe Juda deur vyandige nasies bedreig word.