Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Inleiding tot Deel 14

Inleiding tot Deel 14

Die vroeë Christene het die goeie nuus van die Koninkryk tot in die verste dele van die aarde verkondig. Jesus het hulle gelei na die plekke waar hulle moes preek. Hy het hulle ook wonderdadig gehelp om mense die waarheid in hulle eie taal te leer. Jehovah het hulle gehelp om dapper te wees en hulle die krag gegee om wrede vervolging te oorkom.

Jesus het aan die apostel Johannes ’n visioen van Jehovah se heerlikheid gegee. In ’n ander visioen het Johannes gesien hoe die Koninkryk van die hemele Satan oorwin en vir ewig ’n einde aan sy heerskappy maak. Johannes het gesien hoe Jesus as Koning heers en hoe die 144 000 saam met hom heers. Hy het ook gesien hoe die hele aarde ’n paradys word waar almal Jehovah in vrede en eenheid aanbid.

IN HIERDIE GEDEELTE

LES 94

Die dissipels ontvang heilige gees

Watter wonderdadige krag ontvang hulle van die heilige gees?

LES 95

Niks kon hulle keer nie

Die godsdiensleiers wat Jesus laat doodmaak het, probeer nou keer dat die dissipels preek. Maar hulle kry dit nie reg nie.

LES 96

Jesus kies Saulus

Saulus is ’n gewelddadige vyand van die Christene, maar dinge gaan nou verander.

LES 97

Kornelius ontvang heilige gees

Hoekom stuur God Petrus na die huis van hierdie man, wat nie ’n Jood is nie?

LES 98

Die Christelike godsdiens word aan baie nasies verkondig

Die apostel Paulus en ander sendelinge begin die predikingswerk in lande wat ver weg is.

LES 99

’n Tronkbewaarder leer die waarheid

Hoe het ’n demoon, ’n aardbewing en ’n swaard iets met hierdie verhaal te doen?

LES 100

Paulus en Timoteus

Die mans werk jare lank saam as vriende en medediensknegte.

LES 101

Paulus word na Rome gestuur

Die reis is vol gevare, maar niks kan hierdie apostel keer nie.

LES 102

Die openbaring aan Johannes

Jesus gee hom visioene oor die toekoms.

LES 103

‘Laat u Koninkryk kom’

Die Openbaring aan Johannes wys hoe God se Koninkryk lewe op aarde sal verander.