Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 10

Loof Jehovah, ons God!

Loof Jehovah, ons God!

(Psalm 145:12)

  1. 1. Loof ons God! Loof Jehovah God!

    Maak sy naam bekend, oraloor!

    Roep nou uit, want sy dag is hier,

    elke mens moet dringend daarvan hoor.

    Ons God het besluit die tyd is nou hier

    dat sy Seun oor die mens regeer.

    Vertel dit vir almal, bring hul die nuus

    van die seëninge van ons Heer!

    (REFREIN)

    Loof ons God! Loof Jehovah God!

    Maak sy grootheid wêreldwyd bekend!

  2. 2. Loof ons God! Sing uit volle bors!

    Sing ’n vreugdelied, loof sy naam!

    Uit die hart, uit ’n dankbaar hart,

    sing ons trots met blydskap van sy faam.

    Ons Vader en al sy dade is groot,

    maar hy’s ned’rig en altyd goed.

    Hy ken ons behoeftes, hy sal voorsien,

    hy gee ag op ons hulpgeroep.

    (REFREIN)

    Loof ons God! Loof Jehovah God!

    Maak sy grootheid wêreldwyd bekend!