Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 18

Dankbaar vir die losprys

Dankbaar vir die losprys

(Lukas 22:20)

  1. 1. Jehovah God, ons staan

    vandag hier voor u troon,

    want aan ons het u groot liefde

    en goedheid betoon.

    Geen groter offer as u Seun

    kon u ooit gee,

    en hierdie gawe bring vir ons

    ewig’ lewe mee.

    (REFREIN)

    Hy het sy lewe afgelê.

    Nou kan ons hoop op redding hê.

    Ons wil heelhartig

    en met groot waardering dankie sê.

  2. 2. Opregte liefde het die Christus

    ook getoon;

    om vir ons te sterf, het hy

    op die aarde kom woon.

    Al is ons sondaars, het ons nou

    ’n vaste hoop,

    ons kan vir ewig leef, want hy het

    ons losgekoop.

    (REFREIN)

    Hy het sy lewe afgelê.

    Nou kan ons hoop op redding hê.

    Ons wil heelhartig

    en met groot waardering dankie sê.