Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 24

Kom na die berg van Jehovah

Kom na die berg van Jehovah

(Jesaja 2:2-4)

  1. 1. Kyk, Jehovah se berg,

    bo die heuwels troon dit uit.

    Stewig staan dit gevestig,

    hoog verhef in ons dag.

    Nasies stroom nou daarheen;

    hulle kom van oraloor

    en sê: ‘Kom, laat ons opgaan;

    op Gods woord slaan ons ag.’

    Ja, die tyd het gekom

    dat ’n magtige volk moet verrys.

    Ons bly groei en floreer;

    van Gods seën sien ons daagliks bewys.

    Skares kom nou na God

    en aanvaar sy oppermag.

    Altyd sal hul lojaal bly

    en hom dien dag en nag.

  2. 2. Jesus gee die bevel:

    ‘Preek oor God se Koninkryk.’

    Nou word die goeie nuus aan

    elke mens uitgedra.

    Christus nooi almal uit:

    ‘Ondersteun my heerskappy.’

    Skape gehoorsaam hom;

    hul doen graag net wat hy vra.

    O, hoe goed om te sien

    dat Jehovah se volk aanhou groei.

    Elkeen doen dus sy deel;

    ons hou aan om van ywer te gloei.

    Kom, verhef nou jou stem;

    roep nou uit dat almal hoor:

    ‘Gaan op na God se berg,

    dit sal vir ewig bly staan.’