Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 38

Hy maak jou sterk

Hy maak jou sterk

(1 Petrus 5:10)

  1. 1. Met goeie rede het Jehovah jou gelei

    uit duisternis na helder waarheidslig.

    Hy’t in jou hart gesien hoe vurig jy begeer

    om hom te dien en sy wil te verrig.

    Jy het beloof dat jy hom sal bly dien;

    soos destyds sal hy nou nog hulp voorsien.

    (REFREIN)

    Jy is gekoop ten duurste,

    aan God behoort jy nou.

    Jehovah maak jou sterk;

    standvastig maak hy jou.

    Hy gee jou sy beskerming,

    sal jou altyd onthou.

    Jehovah maak jou sterk;

    standvastig maak hy jou.

  2. 2. Vir jou het God sy mees geliefde Seun gegee;

    hy wil dus hê dat jy sukses moet smaak.

    Die feit dat hy sy Seun nie t’ruggehou het nie;

    dit waarborg dat Hy jou nooit sal verlaat.

    Jou werk en liefde sal hy nie vergeet;

    hy sorg vir al sy knegte, soos jy weet.

    (REFREIN)

    Jy is gekoop ten duurste,

    aan God behoort jy nou.

    Jehovah maak jou sterk;

    standvastig maak hy jou.

    Hy gee jou sy beskerming,

    sal jou altyd onthou.

    Jehovah maak jou sterk;

    standvastig maak hy jou.