Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 45

Die bepeinsing van my hart

Die bepeinsing van my hart

(Psalm 19:14)

  1. 1. Mag elk’ bepeinsing van my hart,

    my denke deur die hele dag,

    vir u aanneemlik wees, o God;

    mag dit my lei in rein gedrag.

    As sorge my bedruk laat voel,

    my slaap laat wegvlug in die nag,

    mag ek dan oor u peins, o Heer,

    en oor wat u regverdig ag.

  2. 2. As ek bedink wat lieflik is,

    lofwaardig, eerbaar, goed en waar,

    dan sal die vrede wat God gee,

    my hart en denkvermoë bewaar.

    Ontelbaar u gedagtes, Heer,

    hoe kosbaar is hul tog vir my!

    Mag ek u woorde bly bepeins

    dat ek daarin verdiep kan bly.