Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 48

Wandel daagliks met Jehovah

Wandel daagliks met Jehovah

(Miga 6:8)

  1. 1. Hand aan hand met onse Vader

    wil ons ned’rig wandel elke dag.

    O, hoe onverdiend sy goedheid

    wat hy toon aan dié wat op hom wag!

    God maak liefdevol voorsiening

    dat ons saam met hom kan gaan.

    Dit vereis dat ons ons toewy,

    dat ons trou aan sy kant sal staan.

  2. 2. Binnekort kom dié ou stelsel

    tot sy einde — nooit sien ons dit weer.

    Al verduur ons bitter teenstand,

    word ons nooit deur mensevrees gekeer.

    Maar Jehovah gee beskerming;

    na aan hom wil ons dus bly.

    Ons sal hom vir ewig liefhê;

    altyd bly ons aan God se sy.

  3. 3. God voorsien in ons behoeftes

    deur sy gees en sy geskrewe Woord.

    Hy verhoor al ons gebede;

    die gemeente is ons toevlugsoord.

    As ons wandel met Jehovah,

    sal hy ons steeds ondersteun.

    En aan hom sal ons lojaal wees

    en beskeie op hom bly leun.