LIED 51
Ons is aan God toegewy!
-
1. Jehovah het ons getrek na Christus, ons Heer;
ons volg hom en word deur hom geleer.
Van Jehovah God se troon
skyn die waarheidslig so skoon.
Dit laat ons geloof betoon,
ons het onsself dus verloën.
(REFREIN)
Ons het vas besluit: Ons is aan God toegewy.
In hom en sy Seun sal ons ons verbly.
-
2. Ons kom voor ons God, Jehovah, buig voor hom neer;
vir ewig sal ons hom dien en eer.
Ons sal al ons lewensdae
God se naam met trots bly dra,
alles doen wat God ons vra.
Ons kom ons toewyding na.
(REFREIN)
Ons het vas besluit: Ons is aan God toegewy.
In hom en sy Seun sal ons ons verbly.