Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 55

Vrees hul nie!

Vrees hul nie!

(Matteus 10:28)

  1. 1. Altyd voorwaarts, o my knegte,

    maak die Koninkryk bekend.

    Deins nie t’rug voor dreigement.

    Dien lojaal tot aan die end.

    My Seun, Jesus, het die Duiwel

    in die hemel reeds verslaan.

    Spoedig sal hy Satan vasbind,

    sy gevangenes laat gaan.

    (REFREIN)

    Vrees hul nie, o my geliefde,

    dien my, hou my naam ook hoog.

    Ek beskerm die getroues

    soos die appel van my oog.

  2. 2. Selfs al is die vyand talryk,

    selfs al sou hul dreig en stry,

    of probeer om te mislei

    met hul soete vleiery —

    vrees hul nie, getroue knegte,

    of die vuur van hulle haat.

    Ek bewaar al my getroues,

    ek sal hulle nooit verlaat.

    (REFREIN)

    Vrees hul nie, o my geliefde,

    dien my, hou my naam ook hoog.

    Ek beskerm die getroues

    soos die appel van my oog.

  3. 3. Ek sal julle nooit vergeet nie;

    ek bly steeds jul krag en lig.

    En al sterf jul weens jul plig,

    selfs die dood sal voor my swig.

    Vrees geen mens wat liggaam doodmaak,

    maar die siel nie kan verderf.

    Wees getrou tot aan die einde,

    dan sal jul die lewe erf!

    (REFREIN)

    Vrees hul nie, o my geliefde,

    dien my, hou my naam ook hoog.

    Ek beskerm die getroues

    soos die appel van my oog.