Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 59

Loof Jah met my

Loof Jah met my

(Psalm 146:2)

  1. 1. Loof Jah met my;

    laat almal hoor!

    Hy gee ons lewe; ons dank hom daarvoor.

    Elk’ dag en nag

    prys ons sy naam.

    Groot is sy liefde, sy mag en sy faam.

    Ja, oor sy lof sing ons almal tesaam.

  2. 2. Loof Jah met my,

    want hy voorsien

    in die behoeftes van dié wat hom dien.

    Heilige gees

    gee swakkes krag.

    Sy sterke hand help ons dra aan ons vrag.

    Ons loof sy naam en sy eind’lose mag.

  3. 3. Loof Jah met my.

    Hy is getrou;

    hy bring vertroosting, sy woord sal hy hou.

    Hy maak als reg;

    troos dié wat ly.

    Sy Koninkryk bring ons seën, maak ons vry.

    Kom, loof Jehovah, dit sal hom verbly!