Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 64

Neem vreugdevol deel aan die oeswerk

Neem vreugdevol deel aan die oeswerk

(Matteus 13:1-23)

  1. 1. Ons lewe vandag in die oestyd,

    ’n voorreg vir dié wat God dien.

    Die koring is ryp op die lande;

    met ywer sal ons hulp voorsien.

    Ons werk onder Jesus se leiding,

    sy voorbeeld spoor ons altyd aan.

    Hoe groot is die vreugde wat ons nou smaak

    om met hierdie werk voort te gaan.

  2. 2. Ons liefde vir God en ons naaste

    sal ons nou die pas laat versnel.

    Die predikingswerk is so dringend—

    die einde kom aan, soos voorspel.

    Die vreugde is werklik besonders

    om saam met Jehovah te werk.

    Laat ons dus volhard en getrou bly preek;

    sy seën sal ons altyd versterk.