LIED 66
Verkondig die goeie nuus
-
1. Die heilige geheim van God se Koninkryk
was lank verberg, maar is bekend in hierdie tyd.
Jehovah God het lank gelede vas besluit:
Die mensdom sal hy red van ongeregtigheid.
Sy Seun sal hy die Heerser oor die aarde maak,
hy is die mees geskikte
Koning vir hierdie taak.
En aan sy Seun sal God dan ook ’n bruid voorsien,
’n uitverkore groep wat saam met hom sal dien.
-
2. Jehovah het ook lank gelede reeds voorspel
dat ons die goeie nuus aan ander sal vertel.
Die wêreld moet nou hoor van God se Koninkryk,
en met die eng’le sal ons hierdie doel bereik.
Ons het die plig en voorreg om in hierdie dag
die naam van God te loof met
ons hele siel en krag.
Geen groter eer kan ons as sy Getuies vra
as om die goeie nuus aan almal uit te dra.
(Sien ook Mark. 4:11; Hand. 5:31; 1 Kor. 2:1, 7.)