Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 71

Ons is die Heer se leërmag!

Ons is die Heer se leërmag!

(Joël 2:7)

  1. 1. Ons is die Heer se leërmag,

    Christus voer ons aan.

    Teenstand kry ons van Satan,

    maar ons sal hom weerstaan.

    Ons getuig getrou van God

    met ’n blye gees

    en bly vasbeslote,

    sal nie swig voor vrees.

    (REFREIN)

    Ons is die Heer se leërmag,

    volg die Lam getrou

    en roep uit met vreugde:

    “God se Seun heers nou.”

  2. 2. Ons is die Heer se knegte,

    hulp sal ons verleen.

    Ons soek na al sy skape,

    dié wat sug en wat steun.

    Ons probeer hul vind en voed,

    help hul om te sien

    wat die Bybel leer en

    hoe hul God moet dien.

    (REFREIN)

    Ons is die Heer se leërmag,

    volg die Lam getrou

    en roep uit met vreugde:

    “God se Seun heers nou.”

  3. 3. Ons is die Heer se leërmag;

    Christus voer ons aan.

    Altyd gereed en waaksaam,

    sal ons moedig bly staan.

    Soms moet ons versigtig wees,

    maar ons bly opreg.

    Al is daar gevare,

    bly ons op die weg.

    (REFREIN)

    Ons is die Heer se leërmag,

    volg die Lam getrou

    en roep uit met vreugde:

    “God se Seun heers nou.”