Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 74

Kom sing die Koninkrykslied!

Kom sing die Koninkrykslied!

(Psalm 98:1)

  1. 1. Ons sing ’n lied, ’n lied van groot oorwinning.

    Dit loof ons God, die Oppersoewerein.

    Die lied gee hoop en wek ons tot getrouheid.

    Sing saam met ons, geniet sy mooi refrein:

    (REFREIN)

    ‘Aanbid ons God, buig voor hom neer.

    Versprei die nuus: sy Seun regeer!

    Kom leer dié lied, die lied van Gods regering.

    Kniel voor Gods troon, en loof en prys sy naam.’

  2. 2. Met hierdie lied verkondig ons die boodskap:

    Die Christus heers; God gee aan hom gesag.

    En soos voorspel, is daar ’n nuwe nasie,

    gesalfdes wat die Koninkryk verwag.

    (REFREIN)

    ‘Aanbid ons God, buig voor hom neer.

    Versprei die nuus: sy Seun regeer!

    Kom leer dié lied, die lied van Gods regering.

    Kniel voor Gods troon, en loof en prys sy naam.’

  3. 3. Die nuwe lied vind ned’riges nie moeilik.

    Die woorde val so treffend op die oor.

    Ja, wêreldwyd is daar miljoene sangers,

    en hul wil hê dat ander ook moet hoor:

    (REFREIN)

    ‘Aanbid ons God, buig voor hom neer.

    Versprei die nuus: sy Seun regeer!

    Kom leer dié lied, die lied van Gods regering.

    Kniel voor Gods troon, en loof en prys sy naam.’