Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 75

“Hier is ek! Stuur my!”

“Hier is ek! Stuur my!”

(Jesaja 6:8)

  1. 1. Vandag werp mense skuld en blaam

    op God en ook op sy groot naam.

    As swak of wreed stel hul hom voor.

    “Daar is geen God”, laat dwase hoor.

    Wie sal vir God se naam getuig?

    Wie sal hom altyd loof en prys?

    (REFREIN 1)

    ‘Heer, hier is ek! Stuur my, stuur my!

    U lof besing ek altyd bly.

    Geen groter eer kan ek ooit kry, Heer.

    Hier is ek! Stuur my, stuur my!’

  2. 2. Hul spot met God en sê hy’s traag;

    hul vrees hom nie, hul gee nie ag.

    Party dien selfs ’n god van steen.

    Party dien weer die Staat alleen.

    Wie sê vir hul wat op hul wag?

    Wie waarsku hul van God se dag?

    (REFREIN 2)

    ‘Heer, hier is ek! Stuur my, stuur my!

    Met moed sal ek u naam bely.

    Geen groter eer kan ek ooit kry, Heer.

    Hier is ek! Stuur my, stuur my!’

  3. 3. Sagmoediges bly sug en steun

    oor al die slegtheid om hul heen.

    Hul soek tot hul die waarheid kry,

    want net die waarheid maak hul vry.

    Wie sal aan hul vertroosting gee?

    Wie sal hul leer van God se weë?

    (REFREIN 3)

    ‘Heer, hier is ek! Stuur my, stuur my!

    Ek sal hul na die waarheid lei.

    Geen groter eer kan ek ooit kry, Heer.

    Hier is ek! Stuur my, stuur my!’

(Sien ook Ps. 10:4; Eseg. 9:4.)