Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 87

Kom! Word verkwik

Kom! Word verkwik

(Hebreërs 10:24, 25)

  1. 1. Vandag is die wêreld so wetloos en hard;

    hul ken nie Jehovah se weë.

    Waar vind ons die wysheid wat lei tot sukses,

    die raad wat ons rigting sal gee?

    Vergad’rings verkwik ons en gee ons weer hoop;

    dit help om geloof op te bou.

    Dit spoor ons ook aan tot voortreflike werk,

    versterk ons om moed te kan hou.

    Ons sal nooit die weg van Jehovah verlaat;

    sy wil is vir ons van belang.

    Ons leer by vergad’rings om liefde te toon

    dat ons God se seën kan ontvang.

  2. 2. Jehovah is van ons behoeftes bewus;

    gee ag op sy raad soos dit hoort.

    Ons koop die tyd uit, kom gereeld bymekaar;

    dit toon ons vertrou God se Woord.

    Godvresende manne wat ons onderrig,

    wil graag ons geloof ondersteun.

    Ons het ook die hele gemeenskap van broers;

    en daarom is ons nooit alleen.

    Ons weet beter tye is binnekort hier,

    vergad’rings help ons dit waardeer.

    Ons leer hoe ons nou reeds suksesvol kan wees

    met wysheid van God, onse Heer.