Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 97

God se Woord is lewegewend

God se Woord is lewegewend

(Matteus 4:4)

  1. 1. Lewegewend is God se Woord;

    elke woord is so goed.

    Want ons leef nie van brood alleen,

    God se Woord moet ons voed.

    Vrede bied dit ons nou alreeds

    en ’n toekoms daarby.

    (REFREIN)

    Lewegewend is God se Woord,

    daagliks moet dit ons lei.

    Net van brood sal geen mens kan leef,

    God se Woord moet ons lei.

  2. 2. Ons kan lees in die Woord van God

    van sy knegte getrou.

    Hul verhale kan ons vertroos,

    sterk geloof in ons bou.

    Hul volharding spoor ons ook aan,

    positief sal ons bly.

    (REFREIN)

    Lewegewend is God se Woord,

    daagliks moet dit ons lei.

    Net van brood sal geen mens kan leef,

    God se Woord moet ons lei.

  3. 3. Dag ná dag lees ons God se Woord —

    troos en hoop sal ons kry.

    En in moeilike tye sal

    God se wysheid ons lei.

    Mag sy Woord vir ons kosbaar wees,

    in ons hart altyd bly.

    (REFREIN)

    Lewegewend is God se Woord,

    daagliks moet dit ons lei.

    Net van brood sal geen mens kan leef,

    God se Woord moet ons lei.

(Sien ook Jos. 1:8; Rom. 15:4).