Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 98

Die Skrif — Deur God geïnspireer

Die Skrif — Deur God geïnspireer

(2 Timoteus 3:​16, 17)

  1. 1. God se Woord is ’n helder lig,

    op ons pad sal dit ons rig.

    As ons by hierdie leiding bly,

    dan sal die waarheid ons bevry.

  2. 2. God se Woord is geïnspireer,

    help ons sy vereistes leer.

    Hou ons hoop en geloof ook sterk

    en rus ons toe vir goeie werk.

  3. 3. Ons het ook deur die Skrif geleer

    om Gods liefde te waardeer.

    God se Woord wil ons daagliks lees,

    dan sal ons weg suksesvol wees.