Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 99

Duisende broers

Duisende broers

(Openbaring 7:9, 10)

  1. 1. Duisende broers, ja, miljoene,

    dien God Jehovah nou.

    Elkeen is ’n getuie

    en bly lojaal, getrou.

    Duisende broers en susters

    dien ook in eenheid saam.

    Uit elke nasie en stam en taal,

    loof ons nou God se naam.

  2. 2. Duisende broers dien tesame

    en preek dat almal hoor.

    ‘Nuus van iets baie beter’

    dra ons aan mense oor.

    Soms raak ons dalk mismoedig,

    soms voel ons onder druk.

    Jesus beloof dat ons rus sal vind

    onder sy sagte juk.

  3. 3. Duisende broers loof Jehovah,

    hy gee op almal ag.

    Hier in sy aardse voorhof

    dien ons hom dag en nag.

    Duisende broers en susters

    preek almal so getrou.

    Gods medewerkers het ons geword,

    ons wil sy guns behou.