Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 100

Ontvang hulle gasvry

Ontvang hulle gasvry

(Handelinge 17:7)

  1. 1. Jehovah God betoon ware gasvryheid.

    Hy sorg vir almal uit onpartydigheid.

    Hy gee die son en reën,

    weerhou dit van geeneen;

    met voedsel word die mensdom geseën.

    Betoon dus guns as jy die geleentheid vind,

    en volg Jehovah soos ’n geliefde kind.

    Ons God sal ons beloon

    vir goedheid wat ons toon,

    vir hulp wat ons aan ander verleen.

  2. 2. Ons weet nooit wat die goeie gevolg sal wees

    wanneer ons hulp verleen met ’n blye gees.

    Selfs vir ’n vreemdeling

    wil ons iets nodigs bring;

    ons doen dit graag om hul by te staan.

    Soos Lidia van ouds sê ons: ‘Maak jul tuis,

    vind vrede en ook rus hierso in ons huis.’

    Ons God sal altyd sien

    as ons ons naaste dien

    uit gasvryheid soos hy ons vermaan.