Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 104

God se gawe van heilige gees

God se gawe van heilige gees

(Lukas 11:13)

  1. 1. Groot Soewerein, Jehovah, ons Vader,

    groter is u as ons hart, o God.

    Lig tog ons las, verminder ons lyding;

    heilige gees wat u gee, bou ons op.

  2. 2. Vader, ons skiet te kort aan u glorie;

    ons is geneig om soms af te dwaal.

    Gee ons u gees en wys ons die weg aan,

    dat ons ons sondes nie aanhou herhaal.

  3. 3. Wanneer ons moeg is, swak of mismoedig,

    vra ons u gees wat ons hart versterk.

    Dan sal ons opvaar net soos ’n arend,

    want u groot krag is in ons aan die werk.