Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 105

“God is liefde”

“God is liefde”

(1 Johannes 4:​7, 8)

  1. 1. God is liefde en hy nooi ons:

    ‘Wandel met my, volg my raad.’

    Liefde vir ons God en naaste

    wil ons toon in woord en daad.

    Ons moet altyd daarna strewe,

    dis ons doel, ons ideaal.

    Christenliefde bring ons vreugde;

    Christenliefde sal nooit faal.

  2. 2. Liefde van ons God, Jehovah,

    spoor ons aan om lief te hê.

    Hy gee krag as ons te kort skiet;

    as ons doen net wat hy sê.

    Liefde glo en is goedhartig;

    liefde sal ook als verdra.

    Mag ons groei in broederliefde.

    Mag ons doen net wat God vra.

  3. 3. Moet nooit toelaat dat gegriefdheid

    jou oorheers, jou hart beheer.

    Bid tot God, hy sal jou bystaan,

    sal jou dié gebooie leer:

    Liefde vir ons God en naaste —

    altyd moet ons dit betoon.

    Doen dit deur jou woord en dade;

    God sal jou daarvoor beloon.