Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 106

Kweek liefde aan

Kweek liefde aan

(1 Korintiërs 13:​1-8)

  1. 1. Ons vra God nederig in gebed

    vir eienskappe wat hy ook het.

    Maar liefde is die vernaamste een,

    wat ons verkry met sy gees en steun.

    Selfs gawes, kennis wat ons besit,

    het sonder liefde nie baie nut.

    Opregte liefde wil ons dus hê;

    dit toon in als wat ons doen en sê.

  2. 2. Die liefde gee en verwag niks t’rug,

    is onselfsugtig en vriendelik.

    Geen haat kan daar ooit in liefde wees,

    want dit vergeef met ’n blye gees.

    Die liefde help ons geduldig bly,

    versterk ons as ons weens toetse ly.

    Die liefde is werklik spesiaal,

    deur elke toets sal dit nooit kan faal.