Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 112

Jehovah, God van vrede

Jehovah, God van vrede

(Filippense 4:9)

  1. 1. O God wat vrede gee,

    liefde toon in al u weë,

    skenk ons tog u gees, Jehovah,

    dit bring goeie vrugte mee.

    Geloof beoefen ons

    in u Seun se offerdood.

    Ons geniet dus nou u vriendskap,

    ons het vrede, ons het hoop.

  2. 2. U gees verskerp ons sig,

    en u Woord verskaf ook lig.

    In die duister, wrede wêreld

    gee u leiding wat ons rig.

    Ons weet u dag sal kom,

    daarop wag ons nou getrou.

    Maar ons vra u, seën ons pogings

    om ons vrede te behou.

  3. 3. U knegte dien as een,

    met u gees is hul geseën.

    In die hemel en op aarde

    word u Koninkryk gesteun.

    U wil sal binnekort

    hier op aarde kan geskied.

    Dan sal al u troue knegte

    ware vrede kan geniet.