LIED 113
Die vrede wat ons besit
-
1. Loof die God wat vrede gee,
oorloë neem hy weg.
Wapens sal nie meer bestaan,
hy stel sake reg.
Deur sy Seun se heerskappy
bring hy dit tot stand.
Vrede sal vir ewig duur,
ja, in elke land.
-
2. Ons gebruik nie woorde wat
vrede kan versteur.
Spies en swaard besit ons nie,
wapens lê ons neer.
As ons vrede wil bewaar,
moet ons bly vergeef.
Liefde sal ons openbaar
en in vrede leef.
-
3. God se volk geniet sy seën;
ander kan dit sien.
Dit kan hul beweeg om hom
saam met ons te dien.
Daarom streef ons vrede na,
soos sy Woord ons leer,
totdat God se Koninkryk
wêreldwyd regeer.
(Sien ook Ps. 46:9; Jes. 2:4; Jak. 3:17, 18.)