Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

LIED 117

Goedheid

Goedheid

(2 Kronieke 6:41)

  1. 1. O Jehovah, God van goedheid,

    hoe het u ons tog geseën!

    U is heilig, so lojaal en

    altyd daar om ons te steun.

    U toon guns en gee genade,

    wat ons nooit sal kan verdien.

    U is ons aanbidding waardig

    en die God wat ons graag dien.

  2. 2. Nou weerspieël u volk u goedheid

    deur u Woord bekend te maak.

    Goeie nuus bring hul aan ander,

    bou hul op in woord en daad.

    Onderrigting, goeie herders,

    oral dra dit goeie vrug.

    Gee u gees en lei ons, Vader,

    sodat goedheid ons treë rig.

  3. 3. Vader, seën ons goeie dade,

    waar ons hulp aan broers voorsien.

    Ons wil goed doen ook aan almal,

    selfs aan dié wat u nie dien.

    In gesinne en gemeentes,

    elke dorp en elke stad,

    sal ons met u gees en leiding

    goed doen oral op ons pad.